top of page

Onderwyser was nog altyd 'n droom en ek leef dit! ondanks Pompe


Een van my grootste uitdagings was om steeds so onafhanklik as moontlik te wees al is ek in 2013 gediagnoseer met Pompe Disease.


Ek moes elke 2 weke Panorama medikliniek toe ry sodat ek my behandeling daar kon kry so ek moes altyd oorbly vir n nag want dit neem 5 ure om in te loop.


Ek was toe reeds n juffrou en het besef ek kan nie elke vrydag afvat nie.


Ek het my toe self begin leer om die medikasie te meng en ons het besluit om vir my n APort in te plant.


Ek het myself ook vinnig geleer om my port self te aktiveer.


Ek is tans al 7 jaar besig met tuisbehandeling en doen alles self, my man help wel om die spuite op te trek.


Nou kan ek steeds skoolgee en Vrydae na werk meng ek my medikasie klaar en aktiveer my port.


Onafhanklikheid gee my die kans om steeds my passie voort te leef ongeag my omstandighede ❤

11 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page